Man sterf ná trokke bots

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is dood en vier ander beseer nadat ʼn vragmotor teen die agterkant van ʼn stilstaande vragmotor langs die N2-snelweg in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die botsing Woensdagmiddag in Sunningdale, Umhlanga, plaasgevind.

“Die een vragmotor het stilgestaan terwyl drie werkers gesnyde gras daarop gelaai het, toe dit deur die ander vragmotor getref is,” het Botha gesê. “Die man wat dood is, was ʼn passasier in die agterste vragmotor.”

Die bestuurder van die agterste vragmotor het ernstige beserings opgedoen. Die drie werkers het geringe beserings opgedoen toe hulle by ʼn wal afgespring het om nie getref te word nie.

Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.