Man sterf ná val van berg

'n Helikopter soek na die man. Foto: Netcare 911

‘n Helikopter soek na die man. Foto: Netcare 911

ʼn Man is Saterdag dood nadat hy van ʼn 100 meter hoë krans naby Nelspruit geval het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 16:45 by die Drie Rondawels plaasgevind.

“Die polisie stel ondersoek in oor wat presies gebeur het,” het Botha gesê.

Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied. “ʼn Lugsoektog is gedoen en die man se liggaam is by die voet van die berg aangetref. Daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie, en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die man se identiteit en ouderdom was nie dadelik beskikbaar nie.

Opvolg: Krugersdorp-man val na sy dood by Drie Rondawels

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henry ·

Drie rondawels is naby graskop, Pelgrimsrust en miskien Sabie, redelik ver van Nelspruit af.

Frederiks ·

Die man se ouderdom was nie dadelik beskikbaar nie, maar wat van sy naam & van?

Se maar net ·

Lees WEER. N mens se naam is journey Identiteit. In die geval was dit nie beskikbaar nie.

Vra net ·

Ai tog Frédériks. ……….lees ASB ordentlik voor jy komenraar lewer. Wat is Identiteit? ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.