Man sterf ná vliegtuig neerstort

Foto: Verskaf

John Jacobs (53), een van die twee mans wat Woensdag erge brandwonde opgedoen het toe ʼn ligte vliegtuig buite Bethlehem in die Vrystaat geval het, is dood.

Isolde Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

“Hy is net ná 02:00 vanoggend in die Milpark-hospitaal oorlede,” het sy gesê.

Jacobs, afkomstig van die Kroonstad-omgewing, was saam met Andrew Gooderham (24) van Somerset-Wes op pad om ʼn landbou-opname van geplante koring in die Oos-Vrystaat te doen.

Maroela Media het vroeër berig volgens omstanders op die toneel het die vliegtuig geval kort nadat dit opgestyg het. Daar word vermoed dat die vliegtuig se enjin gestaak het.

Foto: Verskaf

Laesecke het gesê die vliegtuig het aan die brand geslaan nadat dit die grond getref het. Omstanders het nader gehardloop met brandblussers en die twee insittendes kon daarin slaag om uit die vliegtuig te kom en te rol om die vlamme te blus.

“Hulle is op die toneel deur paramedici behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hulle geïntubeer is. Hulle word per helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem,” het Laesecke Woensdag gesê.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO), het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ʼn ondersoek na die ongeluk sal van stapel gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Naamloos ·

Andrew is ook oorlede vanoggend net na 4uur. Hoe tragies is dit nie? Sterkte aan hierdie twee manne se familie en vriende.

Natasha ·

Ai dis so sad, Andrew was in die fleur van sy lewe, Sterkte aan beide families en jammer vir julle verlies. RIP Andrew en John.

leser ·

sterkte aan familie lede
vraag: watse ligte vliegtuig was dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.