Man sterf na voertuie, vragmotor bots

Die foto is deur @CapeTownFreeway op Twitter gelaai.

Die foto is deur @CapeTownFreeway op Twitter gelaai.

‘n 50-jarige man is dood en vier ander beseer nadat twee voertuie en ‘n vragmotor in ‘n botsing betrokke was op die N1 naby Klapmuts in die Wes-Kaap.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die twee motors het teen mekaar gebots waarna ‘n vragmotor teen die stilstaande motors gebots het en omgeslaan het. “Die oorledene was die bestuurder van een van die ligte voertuie.”

Majija sê drie van die vier beseerdes is na die Mediclinic Stellenbosch vervoer vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.