Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die twee motors het teen mekaar gebots waarna ‘n vragmotor teen die stilstaande motors gebots het en omgeslaan het. “Die oorledene was die bestuurder van een van die ligte voertuie.”
Majija sê drie van die vier beseerdes is na die Mediclinic Stellenbosch vervoer vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.