Man sterf ná voertuig by helling afval

ambulansʼn Man is dood en twee is beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het, Vrydagaand naby Durban in ʼn botsing betrokke was.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het in Crossmoorweg in Chatsworth plaasgevind.

“Die bestuurder van die voertuig het beheer daaroor verloor en van die pad af gery. Die voertuig is deur ʼn konstruksiewerf, het sementblokke getref en het daarna etlike meters teen ʼn steil helling afgeval,” het Botha gesê.

“Al drie mans is in die wrak van die voertuig vasgekeer en die brandweer moes hulle lossny. Een van die mans het op die toneel gesterf nadat paramedici vir ure probeer het om sy lewe te red. Die ander twee mans is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.