Man sterf ná voorval in hof

hof-hamer

Argieffoto

’n Jong man is Woensdag in ’n hospitaal dood nadat hy vroeër die dag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 21-jarige man is omstreeks 11:45 met ʼn voorwerp in die hof gesteek waarna hy na ʼn hospitaal gehaas is.

Die man het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Inligting rakende die voorval is in dié stadium skraps. Traut kon nie bevestig of die man ten tyde van die voorval in die hof moes verskyn of bloot ʼn hofsaak in die hof bygewoon het nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

marous ·

Binne in die hoogste plek van beskerming in die gemeenskap vermoor ?

Ep ·

Hoe gaan die polisie weet wie was almal in hof ? Seker weer n bende geval Waar is cele en sy manne gie gie gie

Magda ·

Nou wat se mens oor so eits -Binne in die HOF met soveel beskerming word iemand vermoor – nee wat ons land is 1 groot MAFIA BENDE

Hans ·

Ongelooflik-was nog altyd onder die indruk dat mense deur n metaalverklikker ondersoek moet gaan.

George in Bloem ·

Geen respek meer in hierdie piesa grepubliek vir niks en niemand nie en ook geen trots meer in die werksplek nie.

Lynette. ·

Magda, nie net word iemand in n plek met soveel beskerming, vermoor nie, niemand is nog gearresteer nie. Die moordenaar moes onmiddellik gearresteer word. Wat se doel dien die manne in uniform dan? Useless verby!!!!!

Blommie ·

PRESIES Lynette, wil jy my se NIEMAND kon die skuldige voorkeer nie.
Maar nee dis MOEITE en hy het REGTE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.