Man sterf na vragmotors hom vasdruk

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

‘n Man is Dinsdagoggend in Killarney Gardens in Kaapstad dood nadat hy tussen twee vragmotors vasgedruk is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel het die man op die grond tussen die twee vragmotors gelê. Die voorval het by ‘n depot in Satiweg plaasgevind.

“Sy medewerkers het glo die vragmotors van mekaar af weggeskuif nadat hulle besef het wat gebeur het.”

Meiring sê die man was glo in sy 50’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.