Man sterf ná water vierwiel meesleur

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat sy vierwielmotorfiets glo in Vereeniging deur water oor ʼn brug meegesleur is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Maandag na Eisenhowerstraat ontbied. “Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn vierwielmotorfiets in die water sien lê. Paramedici en die polisie kon egter geen teken van die bestuurder vind nie.”

Volgens Meiring is ʼn soek-en-reddingspan na die toneel ontbied om met die soektog te help. “Die man se liggaam is ʼn paar uur later in die water gevind. Die man het reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê die man het glo ʼn laagwaterbrug probeer oorsteek toe die vierwielmotorfiets vermoedelik deur die water meegesleur is.

Die oorledene was glo in sy 50’s en van Kliprivier. Die voorval word ondersoek.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

maroela ·

Tragies dat die man oorlede is , onkunde is egter nie n verskoning dat so iets moes gebeur nie . Sterkte vir sy geliefdes .

Willie ·

Baie tragies. Sterkte aan die familie. Mens onderskat soms die sterkte van die natuur, veral water en wind. I liter water = I kg plus… met stukrag daar agter. Pretoria se laagwater brue het al baie lewens geneem…

Xa ·

Goue reel: moet nie deur vloeiende water ry nie, nie met enige kar of voertuig nie.

Buitestaander ·

Shame, shame, shame, shame.
Wanneer jy nie die padoppervlakte kan sien nie, ry mens nie daar nie. Daar kan gate weet ens. Die wagwoord ry ompad kom laat maar lewendig daar. As jy dan MOET deur, loop dan eers daar deur voor jy met jou voertuig deurgaan. Sleur die water jou mee weet jy, jy kan nie met die voertuig daar deur nie. En jy kan uit swem kant toe.
Dan moet jy maar ‘n ander plan maak en wag dat die water eers verby is en jou voertuig is gespaar.

Karma ·

RINA MOENIE SO SKREEU NIE – ONS NEEM JOU PUNT WAAR sonder die hoofletters (as mens tik in HOOFLETTERS DAN SKREEU JY). Foeitog, ek kry sy familie baie jammer – dit is ‘n tragiese (en geweldige) dood om te sterf.

Maar, soos die ander kommentators hier ook opmerk – dit was domastrant om ‘n laagwaterbrug in vloed aan te durf, veral met ‘n “quad” nie – jy kan dit nog met ‘n SUV of 4×4 waag … As jy nie die oppervlak onder die water kan sien nie, MOENIE DEURRY NIE! Wag eerder tot die water gesak het of gaan met ‘n ompad – dan kom jy en jou voertuig veilig anderkant aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.