ʼn Man is dood nadat weerlig hom Dinsdagmiddag op ʼn gholfbaan in Parys in die Vrystaat getref het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê twee mans was besig om op ʼn konstruksieterrein op die gholfbaan te werk toe die voorval plaasgevind het.
“Na wat verneem word, het die mans skuiling gaan soek toe albei deur weerlig getref is,” het Meiring gesê.
“By paramedici se aankoms op die toneel is een van die mans reeds na ʼn omliggende huis geneem. Die man het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”
Meiring het gesê die ander man is ook ondersoek en het nie ernstige beserings opgedoen nie.
Tragies