Man sterf ná woonstelbrand

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik in sy 50’s, is Saterdag dood nadat ʼn brand in sy woonstel in Vereeniging, Gauteng, uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by ʼn woonstel naby die kruising van  Victorialaan en Lesliestraat plaasgevind.

“Paramedici was omstreeks 13:00 op die toneel en die brand was reeds geblus. Paramedici het die man steeds lewend langs sy bed gevind,” het Meiring gesê.

Die man het ernstige brandwonde opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.

“Die man is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy kort ná sy aankoms aan sy beserings beswyk het.”

Meiring het gesê die brand is vermoedelik deur ʼn inwoner geblus.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.