Man sterf ná wrede aanranding op kleinhoewe

Argieffoto: Maroela Media

Die man wat Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in die Senekal-distrik in die Vrystaat deur twee aanvallers aangerand is, het Donderdagaand gesterf.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Johannes Moloi het in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk. Moloi se ouderdom kon nie onmiddellik bevestig word nie.

Volgens Dhlamini het die aanval Donderdag omstreeks 04:00 gebeur. Twee aanvallers het ʼn werker wat in ʼn woonwa op die kleinhoewe bly oorval en vasgebind. Hulle het kort daarna toegang tot die huis op die kleinhoewe verkry deur ʼn deur oop te breek, waar hulle die eienaar ook aangeval het.

Dhlamini sê Moloi is met ʼn stomp voorwerp aangerand en het ernstige kop- en ander beserings opgedoen. Hy is kort ná die aanval na ʼn hospitaal gehaas. Na verneem word, is die werker nie ernstig beseer nie.

Die aanvallers het met kontant op die vlug geslaan, hoewel die presiese bedrag nie bekend is nie. Twee verdagtes is nog dieselfde dag in verband met die aanval in hegtenis geneem.

Dhlamini sê die verdagtes sal Maandag op aanklag van moord en huisroof in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

So so jamnef dat nog n man sterf aan n plaas aanval lyk my dit eord neg erger en erger

Leuenaar ·

Se dit vir die leuenaar rammapaddapot.
Hy moet verantwoordelik gehou word.
Kla hom aan.

Lee ·

Ai so jammer vir die man se familie. Hoop die helle kry wat hulle toekom. Rus in Vrede Mnr Moloye.

Marie ·

Volgens CR was dit seker net n vriendelike kuiertjie tussen bure op die platteland.

Callie ·

Selfs Agri sa glo mos ook Afriforum hardloop onnodig weg met die plaasmoord stories.

Ontstoke ·

En dan sê Cyril Ramaphosa hier is nie plaas moorde in SA nie? Haal die skille van jou oë af Cyril Ramaphosa!!!

Made ·

Dit bly n plaasmoord. Hoekom bring jy ras hierin? Cyril sê daars die plaasmoorde nie. Wit of swart.

LB ·

Hou op kla oor CR se leuens, hy het ons ‘n hengse guns gedoen want sy optrede weerspieël die ANC regering se doen en late en die feit dat hy nie eerlik is nie.

Cherokee ·

Dit wat jy sê LB, is my opinie ook. Hy bewys homself ‘n leuenaar wat dom leuens vertel.

SjN ·

Die werker wat in die woonwa was is ongedeerd, iets is nie lekker nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.