Man sterf net ná hy vis vang

Wild Coast Sun-hotel (Foto: South African Hotels)

ʼn 71-jarige man is Sondag op die strand naby die gewilde Wild Coast-hotel oorlede toe hy ineengestort het.

“Paramedici is omstreeks 12:30 na die toneel ontbied,” het Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Strandgangers het dadelik met KPR begin en ander het hulp ontbied. Die mediese span van die oord het Netcare 911 ontbied vir verdere bystand.”

Paramedici het 45 minute lank tevergeefs gespook om die man by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Die man is na bewering oorspronklik van Durban en hy het moontlik net voor hy ineengestort het ʼn vis gevang, want sy visstok is daar naby gevind met ʼn vis nog aan die vishoek,” het Dollman bygevoeg.

Die oord het die gebruik van die hotel beskikbaar gestel vir die privaatheid van die oorlede man en sy familie. Die oorledene is daarna na die oord se mediese kamer verskuif.

“Ondanks die tragiese einde, loof die paramedici diegene wat noodhulp en KPR geleer het en ingegryp het om te probeer om ʼn vreemdeling se lewe te red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Grassie ·

Ek glo elke mens wonder soms presies hoe sy laaste oomblikke gaan aanbreek. Ek is lief vir hengel – as my tydjie aanbreek terwyl ek langs die bloudam staan, met my tone in die sand en ‘n kabeljou aan die hoek gaan ek my Skepper beslis daarvoor bedank as ek daar bo aankom. Miskien doen hierdie oom dit ook.

Jeannette ·

Ek dink dié Oom het gesterf terwyl hy gedoen het waarvan hy gehou het. Rus sag, liewe Oom, U vang nou vis by die Here se voete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.