Man sterf, nog 1 kritiek ná N1-botsing

Foto: Netcare 911

ʼn Man is dood en nog een ernstig beseer in ʼn gru-botsing tussen ʼn afleweringsvoertuig en ʼn vragmotor Woensdagaand op die N1 noord van Johannesburg.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 19:30 na die toneel op die N1-Noord net voor die William Nicol-afrit ontbied. Volgens Dollman het die vragmotor erge skade aan die voorkant van die voertuig gehad en was twee insittendes in die wrak vasgekeer.

“ʼn Man, vermoedelik 22 jaar oud, het baie ernstige beserings opgedoen, onder meer veelvuldige frakture. Hy is medikasie toegedien om sy pyn te beheer,” het Dollman gesê. “Die ander man, vermoedelik 36 jaar oud, het op die toneel aan sy ernstige beserings beswyk.”

Brandweerbeamptes moes meganiese toerusting gebruik om die twee mans uit die wrak te bevry. Die beseerde man is per helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Dollman is die snelweg gedeeltelik gesluit terwyl die toneel opgeruim is en het dit tot hewige verkeersvertragings in die omgewing gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Diejandre ·

Almal wat op hierdie pad ry sal weet hoe die vragmotors en afleweringsvoertuie jaag. ‘n Spoedgrens bestaan nie vir hulle. Soms is 120 km/h nie eers vinnig genoeg om hulle te kan verbygaan nie. Ons het dringend veranderinge op ons paaie nodig om hierdie tipe ongelukke minder te maak.

Willie ·

Swaar voertiue, busse en mini taxi’s was altyd streng beheer, met rede… roetes en spitsverkeer….

Annie ·

Op alle snelwee jaag die vragmotors, aflewerings voertuie en taxis. Dis skrikwekkend om te sien hoe hulle bestuur en die meeste van die voertuie kom uit sonder flikkerligte.

bosbok ·

Vir my lyk dit of die afleweringsvoertuig erge skade aan die voorkant gehad en nie die vragmotor nie

Wagter ·

Ek ry somtyds met my bike op daai pad, en die probleem is dat as jy stadig of swaar voertuie ry dan moet jy links hou, wat meeste doen, maar nou wil Mr Audi of Ford Ranger by William Nicol die afrit vat en nie agter jou ry nie en te sleg om jou regs verby te vat, en swaai dan heen en weer of ry op jou stert, asof dit jou gaan laat vinniger gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.