ʼn Man is dood en nog drie mense beseer in ʼn ongeluk Vrydagmiddag op die N12 tussen Potchefstroom en Fochville. Verskeie voertuie was in die ongeluk betrokke.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 13:00 na die toneel ontbied. By hul aankoms het hulle ʼn voertuig gevind wat op sy sy in die pad gelê het. Nog drie voertuie wat in die ongeluk betrokke was, was op die toneel.
“Paramedici het twee mense in die voertuig wat op sy kant gelê het aangetref. ʼn Man in die voertuig het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê.
Nog drie mense het matige tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal gehaas is.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.
Ons land se paaie het in slagvelde verander . Chaos heers in Suid Afrika!
Ek was vrydag middag vanaf Potch na Parys onderweg. Het my verstom aan die kanse wat jong bestuurders neem terwyl voertuie van voor kom. Almal ry vinnig en daar is geen geduld om te wag totdat dit veilig is nie. Sperstrepe het geen uitwerking op bestuurders se bestuur. Alles word ignoreer. Meeste van die voertuie was klein motortjies met 2 tot 4 jong mense wat waarskynlik studente is vir ‘n naweek weg. Geen wonder ons paaie is slagvelde nie. Baie min bestuurders het respek vir ander pad gebruikers, lewens of hul eie lewens nie. Ek het yskoud geword. Die ouers is waarskynlik van mening dat hul kinders veilig sal wees.
Die probleme op d N12 tussen Johannesburg en Potchefstroom is die volgende: Baie verkeer op n pad wat van d Fochville kruising tot in Potchefstroom meestal n enkelpad is met hier en daar n dubbelbaan. Te veel vragmotors en stadige verkeer, met te min veilige plek om verby te gaan. Stopstrate is beslis ook net versiering, jy het nie regtig nodig om daar te stop nie…dit is veral merkbaar by d Fochville en Carletonville kruising waar daar gereeld noodlottige ongelukke plaasvind.
Baie mense lê en ry. In ons area is baie bestuurders se ruglening van die stoel in ‘n lê posisie. Bitter min van due bestuurders sit regop en ry. Ek werk in die motor industrie en 40% van die ouer model voertuie is nie padvaardig nie. Die remme werk nie behoorlik nie, maar hul is mede pad gebruikers.
Ek glo dat alle motor industrie besighede ‘n stelsel moet hê waar hul sulke onpadvaardige motors moet rapporteer & hul voertuie geskraap moet word. Ek sien daagliks hoe die bande afgeloop is en dat die draad deurkom. Ek het al daaroor gekla, maar die plaaslike owerheid voel vere.
Ja die mens is van vlees gemaak en die karre deesdae van visblikkies.