Man sterf op jagtog

(Argieffoto)

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná die dood van ʼn 50-jarige man tydens ʼn jagtog.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Donderdag in die omgewing van Mookgophong (Naboomspruit) plaasgevind.

“Die drie jagters was op ʼn wildplaas in die gebied waar hulle die spoor van ʼn gekweste koedoe gevolg het. Hulle is uitmekaar en in die proses is ʼn 50-jarige man geskiet en op slag dood.

“ʼn Voortgesette polisieondersoek fokus op die omstandighede tydens die voorval.”

Talle boodskappe van medelye het intussen ná die voorval ingestroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Francois Le Cochon

Tragies. Waar was die jagmeester? Hy moes dit voorkom het.

Casper

Johannes Andreas,dit wys jou hoe oningelig sekere mense is oor jag.Daar is agter een aspek wat soos ‘n paal bo water staan,jy skiet nie as jy nie seker is wat jy skiet nie.Blindelings skiet is roekeloos.As jagter breek ons nooit op nie.Ons bly bymekaar om sulke ongelukke te voorkom.Hierdie jagter is geskiet deur iemand en hy moet nou die nagevolge dra.

Genis

Party oordeel al, maar die omvang van die omstandighede is nog nie eers bekend nie..

Regverdigheid

RIP jammer hy moes met sy lewe boet … hoop hul vang die skuldige

Fritz

Ongelooflik! Ek is geleer jy maak nie net se seker waarna jy skiet nie maar ook waar op die bok jy skiet. Anders skiet jy die bok op die boud!