Man sterf op pad na OR Tambo

'n 38-jarige man is op 6 Februarie 2015 dood op pad na die OR Tambo Internasionale Lughawe Foto: Netcare 911

‘n 38-jarige man is op 6 Februarie 2015 dood op pad na die OR Tambo Internasionale Lughawe Foto: Netcare 911

ʼn 38-jarige man is dood nadat hy Vrydagmiddag in ʼn stilstaande vragmotor in Kempton Park aan die Oos-Rand vasgery het.

“Die ongeluk het op die hoek van die R21 en Voortrekkerstraat plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die man was op pad na die OR Tambo Internasionale Lughawe.”

Die man se liggaam was in die wrak vasgekeer en hy is dood voor paramedici en brandbestryders by die toneel opgedaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.