Man sterf op Wes-Kaapse strand

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

ʼn Man is Sondagoggend op ʼn strand in Witsand in die Wes-Kaap dood nadat hy skielik bewusteloos geraak en inmekaargesak het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Maandag in ʼn verklaring gesê die NSRI Witsand-bemanning is omstreeks 11:35 na die strand ontbied. Volgens Theo Erasmus, die NSRI Witsand-stasiebevelvoerder, het hulle die man gevind waar hy op die strand gelê het.

Erasmus het gesê die man het vermoedelik ʼn hartaanval gehad voordat hy inmekaargesak het. “Die NSRI-paramedici het kardiopulmonêre resussitasie op hom toegepas en hy is na die parkeerterrein van die hoofstrand gebring waar die provinsiale nooddienste ons ontmoet het. Nadat ons alles in ons vermoë gedoen het om hom by te bring, is hy ongelukkig deur die paramedici dood verklaar.”

Erasmus het die man as Kosie Erasmus geïdentifiseer en gesê hy was ʼn bekende gesig in die gemeenskap. “Ons innige medelye gaan aan sy vriende en familie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.