Man sterf skielik terwyl hy visvang

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

ʼn Man is Sondagoggend vroeg oorlede toe hy ingeengestort het terwyl hy visgevang het by Kreeftebaai tussen Melkbosstrand en Bloubergstrand in die Wes-Kaap.

Craig Lambinon, ʼn woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Sondag gesê dié organisasie is vroeg ontbied nadat verbygangers die man inmekaar sien sak het.

Terence Lawson, ʼn NSRI-bemmaningslid, het kardiopulmonêre resussitasie (KPR) op die man uitgevoer, maar hy het reeds geen meer tekens van lewe getoon nie.

“ʼn Dokter wat toevallig op die toneel was en lede van die SA Paramedikusdienste het die man ook probeer bybring, maar hy is op die toneel dood verklaar,” sê Lambinon.

Daar word vermoed dat die man aan natuurlike oorsake oorlede is. Sy gesondheid was egter baie goed, en sy dood is daarom baie skielik vir sy familie. Meer inligting is in dié stadium egter nie bekend nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Aggenee... ·

Hoekom wemel MaroelaNuus só van die skokberigte…
Dit raak nou ‘n gewoonte. Dit maak julle nuus onaangenaam.

kolskoot ·

as maroela media nie propaganda saai nie dan saai hulle slegte nuus en berigte wat onmin bring. wat dan verder vererger word met eensydige kommentaar.

Cherokee ·

Wat sou julle twee voorstel moet die tema wees vir Maroela – Nuus?
Op watter tipe nuus moet gekonsentreer word? Maak ‘n voorstel.

ArrA's ·

Aggenee en Kolskoot moet maar eerder SABC se nuusdekking gaan opsoek!

foxi ·

Ek verkies om eerder Maroela nuus te lees as om koerante te koop wat so hel duur is en wat net vol advertensies is……..

M A ·

Jip, daar is tog ander nuus. Daar was byvoorbeeld gisteraand agt olifante op die Molotopad wat groot opwinding veroorsaak het maar nie n woord word daaroor gerep nie. Dit was veral mooi dat almal so goed saamgewerk het om motoriste en eiendom veilig te hou.

Janie Monsieur ·

Dagsê Aggenee…

Dankie vir jou kommentaar.

Ons besef die nuus is soms baie negatief, daarom het ons spesiaal ʼn hele “goeie nuus”-afdeling geskep. Kyk gerus hier: http://maroelamedia.co.za/kategorie/goeiegoed/

Ons deel ook interessante en vreemde video’s: http://maroelamedia.co.za/kategorie/vreemdhede/

Allerhande taalbrokkies: http://maroelamedia.co.za/kategorie/afrikaans/
Smullekker resepte: http://maroelamedia.co.za/kategorie/resepte/
Tegnologie, ruimte en motornuus: http://maroelamedia.co.za/kategorie/tegnologie/
Vermaak uit die boonste rakke: http://maroelamedia.co.za/kategorie/vermaak/

Teken gerus in op ons weeklikse nuusbrief waar ons al die lekkerste lekkertes van die afgelope week met jou deel, net ingeval die slegte nuus van die week jou dalk onderkry: http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/ (maak seker jy kies die weeklikse nuusbrief-opsie)

Ek hoop jy kuier lekker verder saam op Maroela – ondanks al die slegte nuus!
Groetnis

Janie nms. Maroela Media

Ig ·

Ek glo hy het gesterf terwyl hy besig was met dit wat hom gelukkig gemaak het.

Aggenee ·

Hoekim moet die “ander mense” altyd ‘n voorstel maak? Ek het opgemerk dat die nuus gereeld skok…waarneming.
Vir my (wat opgegroei het in ‘n Afrikaanse joernalis-gesin), is sekere media-tegnieke oorbekend.
‘n Joernalis (en redakteur) behoort deurentyd te waak teen tendense. Hierdie tegniek red/sink jou koerant/tydskrif/elektroniese media.
Jou -publiek bepaal die graad van jou media, maar jou doel/beleid bepaal die inhoud/konteks van jou nuus.

Ashlee ·

Stem 100 persent saam met jou. Voorbeeld. “Wreedste moord in Amerika” Waarom haal dit jul nuus???

Etta van der Merwe ·

Dit is baie sleg dat mense soveel negatiewe kommentaar lewer oor berigte wat Maroela Media plaas. Die oorspronklike punt word gemis terwyl julle mekaar met modder gooi. Maroela media, dankie om my op hoogte te bring van die nuutste gebeure, sleg of goed. Ek het baie respek vir joernaliste wat geweldige lang ure werk om ons op hoogte van gebeure in te lig.

Aggenee ·

My opmerking was goed bedoel.
Ons hoor elke dag van moord en doodslag. Dit maak van ons negatiewe mense. Deur positiewe/opbouende nuus te plaas skep weer hoop. En DIT is wat Suid-Afrika broodnodig het…en veral die Afrikaner.
Ek vertrou dat mense ook “buite die kassie” sal begin dink, en nie my plasings as negatief sal afmaak nie.
Ons moet daarteen waak om meegesleur te word deur die stroom, en op te staan as dinge verkeerd loop.

Adam ·

Ek is dankbaar vir Maroela Media se berigte en al die harde werk wat joernaliste insit. Ons kry nie eens koerante in my omgewing en ek dink Maroela Media is puik.

My wereld.... ·

Dink die lesers kan self selektief wees deur na die opskrifte te kyk. Anders is daar Pale Toe of Koolstoof. Weier om te kla oor iets wat gratis is.

Lulu ·

Ek dink ook soms om nie Maroela Media te lees nie. Die vraag is waar hoor ons wat werklik aangaan. As ons positiewe kommentaar soek met geen moord etc nie dan kyk ons SABC 1/2 en 3 en lees die Sarie of Huisgenoot. Of enige ander stasie wat be here word. CarteBlanche probeer darem ook. Bottomline ons moet iewers hoor wat gn aan en face the music. Was dit nie vir Maroela Media nie sou ek baie meer in die duister gewees het.

Leana ·

In hierdie wrede wereld is baie mense onder so baie druk en stress. Sal my nie verbaas as dit sy hart is nie

Beets ·

Jislaaik, ek het ook vroeer jare daar lyntjie natgemaak. Nogal ‘n area waar daar gewoonlik mense is (nie dat dit gehelp het nie). Die ander inhamme soos holbaai, haakgat, bontekop is gewoonlik redelik geisoleer so hulp sal nie so geredelik beskikbaar wees daar nie.

Beets ·

Stem saam dat Maroela meer positiewe stories kan plaas. Hulle beriggewing het gewoonlik ‘n negatiewe strekking. Soos bloedhonde waar moord op wit ter sprake is (dis natuurlik kos vir diegene wat reeds so negatief is dat jy met hulle kan toor).

Janie Monsieur ·

Dagsê Beets,

Dankie vir jou boodskap.

Ons besef die nuus is soms baie negatief, daarom het ons spesiaal ʼn hele “goeie nuus”-afdeling geskep. Kyk gerus hier: http://maroelamedia.co.za/kategorie/goeiegoed/

Ons deel ook interessante en vreemde video’s: http://maroelamedia.co.za/kategorie/vreemdhede/

Allerhande taalbrokkies: http://maroelamedia.co.za/kategorie/afrikaans/
Smullekker resepte: http://maroelamedia.co.za/kategorie/resepte/
Tegnologie, ruimte en motornuus: http://maroelamedia.co.za/kategorie/tegnologie/
Vermaak uit die boonste rakke: http://maroelamedia.co.za/kategorie/vermaak/

Teken gerus in op ons weeklikse nuusbrief waar ons al die lekkerste lekkertes van die afgelope week met jou deel, net ingeval die slegte nuus van die week jou dalk onderkry: http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/ (maak seker jy kies die weeklikse nuusbrief-opsie)

Ek hoop jy kuier lekker verder saam op Maroela – ondanks al die slegte nuus!
Groetnis

Janie nms. Maroela Media

Beets ·

Janie, ons sal dit waardeer indien van hierdie “goeie nuus” stories ook die hoofnuus haal. Die hoofnuus kan tog nie alles negatief wees nie. Dankie

Gerrie ·

Ek dink julle het julle feite van die insident heeltemal verkeerd. Dis nie in die area wat julle op die berig het nie verwyder dit asb.

Janie Monsieur ·

Dagsê Gerrie,

Dankie vir jou kommenataar. Die area in die berig is dié wat die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) aan ons bevestig het. Ons aanvaar dit dus as die regte inligting. Kontak ons gerus by [email protected] indien jy ander inligting kan bevestig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Sanja ·

Vreeslik dankie aan Maroela nuus wat ons so mooi op hoogte hou! Nuus is nuus…. Of dit goed of sleg is… Dit hou ‘n mens op hoogte van die tye waarin ons leef en dinge waarvoor ons versigtig kan wees of oor opgewonde kan wees.

Maggies ·

Maroela het goeie goed rubrieke ook. Ons moet weet wat aangaan. Die wat nie die werklikheid wil lees nie ..kyk SABC DAN

GES ·

Ek het respek vir eerlike sonder om doekies om te draai joernalistiek. Ek wil weet wat aangaan, sleg of goed. Maroela doen so voort. Laat dit aan die leser oor om te besluit of hy/sy kans sien vir die nuus. Maroela se kommentaar is meeste van die tyd objektief en onverskrokke.

Freud ·

Wat ek nie van MM verstaan nie, is dat ek die opsie gegee word om op spesifiek SA nuus te kliek om net SA nuus te lees maar dan nogtans nuus van onsinnige moored ens in die buiteland moet raaklees.

Nico Strydom ·

Dagsê Freud

Nuus wat onder die kategorie “SA nuus” gepubliseer is, is wel net nuus uit Suid-Afrika. Watter artikels verskyn daar wat jy meen nie “SA nuus” is nie?

Baie dankie
Vriendelike groete

LB S ·

Jis, maar julle is ‘n klomp moangatte! En dit vir iets wat jy verniet kry en self kan kies WAT jy wil lees!

Uvonka ·

Dankie MM vir gratis (dit is ‘n voorreg) insiggewende nuus elke dag. Ek wil ook weet wat aangaan al is dit hoe negatief, vir my is dit belangrik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.