Man sterf, skoolkinders beseer toe taxi, bakkie bots

Foto: ER24.

Een man is dood en 13 ander beseer toe ʼn taxi en ʼn bakkie gebots en daarna ʼn voetganger getref het.

Die voorval het in Voortrekkerstraat in Vereeniging gebeur.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied en het die taxi in ʼn dreineringsloot langs die pad aangetref. “Die bakkie het ʼn klein entjie verder gestaan,” het Meiring gesê.

“By nadere ondersoek het ons op die liggaam van ʼn man wat glo in sy dertigs is afgekom. Hy het ʼn entjie van die bakkie af gelê,” het Meiring gesê.

Die man is ondersoek en daar is vasgestel dat hy veelvuldige beserings opgedoen het. “Daar was niks wat ons vir hom kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is 11 van die 13 beseerdes leerders wat op pad huis toe was na skool.

Paramedici het die beseerdes behandel en hulle na verskeie hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en maak deel uit van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Petro ·

Dit is regtig tyd dat die regering ernstig begin kyk na die taxi industrie want wragtig daar gaan teveel mense dood agv die taxi bestuurders want hulle dink hulle kan ry soos hulle wil

Michael barnard ·

Hul moet op hul skryf dood op wiele want wragtig hul roei die mense uit en niemand doen hul niks hul is on aan raak baar.

E.K. (vra net) ·

Is dit nie te veel mense in een taxi nie? Nie seker hoeveel wetlik vervoer mag word maar nes die klomp skoolkinders onlangs – niemand sê iets oor die feit dat dit oorlaai was nie. Of is ek verkeerd? Heel moontlik ook nie alyd padwaardig nie, bestuurders jaag soos mal goed en heel moontlik oorlaai – nou-ja dit is ‘n resep vir ‘n ongeluk.

Johan ·

Daardie is ‘n stil kruising en verskeie bestuurders ignoreer die verkeerslig gereeld. In die aand is dit gevaarlik om daar by ‘n rooi lig te stop, hulle swaai uit om jou mis te ry!!

snoefie ·

ek herhaal: taxi bestuyrders moet opgekei en getoets word vur rybewyse met n minibus met vrag. verkieslik ministers. hulle moet n spesiale lisensie het om taxi te ry. demmit.

weer: 13 leerlinge beseer. nog pionne op die anc se skaakbord. “ry hulle aan (sonder skoolfonds) na die wit skole. ons Jan weer rassisme skree as die skole skoolfonds eis ” asseblief, tree op teen vandale wat skole brand. kinders verdien om veilig groot te word. om veilig straat af en on die hiek skool toe te gaan. HOU HULKE UIT TAXIES UIT!

Gelukkig ·

Gelukkig was die kinders nie op die bakkie en daarvan afgeval met ‘n wit bestuurder.

Irene ·

Alweer Taxi ouers moet nou saam staan om nie taxis te gebruik nie

John ·

Taxi-bestuurders behoort sielkundige toetse te ondergaan voor hulle lisensies ontvang… die mense ly aan’n grootheidswaan wat geaktiveer word sodra hulle die petrolpedaal onder hul voete voel. Miskien behoort alle taxi’s net ‘n snelheid van 40 kpu te kan haal anders sny dit uit.

thelsa ·

Daar moet effektiewe wetstoepassing wees – nie persone in uniform wat voertuie van die pad aftrek om omkoopgeld te versoek nie. Omat die tinANiC se Nr 1 wat nie vervolg word nie en hy daarmee wegkom, dink almal in die land dat padveiligheid en verkeersreels is nietig en hoef nie gevolg te word nie, Dis is die kern van die probleem.

Lee ·

Taxi’s is so goed soos moordwapens.
Hulle neem onskuldige lewens.
VERBAN DIE HELE SPUL – ASB !
ROEKELOOS / WETTELOOS / ARROGANT / ONGELISENSIEERD

Johanna ·

Arme kindertjies wat so aan die genade van taxi bestuurders toevertrou word vir vervoer skool toe en terug. die taxi is duidelik nie in n padvaardige toestand nie. en hulle jaag mos soos die duiwel om ‘eerste’ by die wenstreep uit te kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.