Man sterf, tiener beseer ná mikrovliegtuig in Limpopo neerstort

Argieffoto

Argieffoto

Wynand Karel Snyders (50) is Sondagoggend dood en ʼn 16-jarige seun, Johannes Snyders, is ernstig beseer nadat die mikrovliegtuig waarmee hulle gevlieg het in Limpopo neergestort het.

“Die mikrovliegtuig het omstreeks 08:50 in die bosse langs die D311 Shongwane Seleka-pad naby Ditlou neergestort,” het kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

Na wat verneem word, het Wynand die mikrovliegtuig gevlieg. Hy is kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die seun is met  ernstige beserings na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Die Burgerlike Lugvaartowerheid is in kennis gestel en stel ondersoek in,” het Otto gesê.

Die Witpoort-polisie ondersoek ook die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.