Man sterf toe bakkie brand

Foto: ER24

Foto: ER24

Een persoon is dood toe ʼn bakkie Saterdag op die R54 buite Potchefstroom gerol en langs die pad in vlamme uitgebars het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en brandweerdienste is na die toneel ontbied waar die bakkie ʼn ent weg van die pad in die veld gelê het. “Die bakkie was reeds in ligte laaie toe nooddienste daar opgedaag het,” het Meiring gesê.

Die brandweerdienste het onmiddellik die vlamme geblus en paramedici het die liggaam van die bestuurder van die voertuig agter die stuurwiel gevind. Hy was onherkenbaar verbrand, het Meiring gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Edward ·

Korreksie. Bakkie was klaar uitgebrand teen die tyd dat die nood dienste daar aangekom het.

Karma ·

@At – klink my of Edward daar was. Ek glo nie Edward is een van die mense wat sommer net so kommentaar lewer en eie afleidings maak oor insidente wat gebeur nie – nie soos die meeste Worcesteriete en FB volgers wat enige iets wat hier by die plaaslike inkopie sentrum gebeur, opblaas tot iets buite verband en dan hul eie liegstories glo nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.