Man sterf toe bakkie deur heining ‘vlieg’

Die toneel. Foto: Verskaf.

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is vanoggend dood toe sy bakkie deur ʼn heining gebars en teen ʼn boom tot stilstand gekom het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdagoggend in Northmead, Benoni, plaasgevind.

“Paramedici het die bakkie op sy sy teen ʼn residensiële grens aangetref. ʼn Man se liggaam was binne-in die wrak vasgekeer. Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

Die toneel. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Muffin ·

Spoed,spoed en weereens spoed. Dit kan gesien word aan die skade.

Chris Ws ·

Ons innige simpatie met sy naasbestaandes.Ek was ook jonk en daars die probleem: mens kan nie ondervinding KOOP nie en die jongman het dit duidelik nog gekort.Te vinnig ry vir jou ondervinding is ‘n resep vir ‘n tragedie.Ek se NIE die jongman het gejaag nie.Ek se net vir sy ondervindings vlak moes hy maar stadiger gery het.Ek was ook jonk ,ek weet.As ek terug dink hoe ek op 18 jarige ouderdom met my 50cc gery het kry ek nou koue rillings!Ek sal dit nie nou waag nie omdat ek nou meer ondervinding het.

Jack ·

Jy slaan die spyker op die kop. Baie van ons was maar gelukkig in ons jonger dae.

Ian ·

Chris WS ja nee kyk ons het omtrent met daai 50cc’s aangegaan. Mynet het 2 keer vanaf Tableview na Sutherland gereis. Nou versamel ek hulle. Rus in Vrede jongman

SjN ·

Die verskil is met jou 50cc was daar nog wet en orde, lisensie op n eerlike manier verkry ens.

Veteraan bestuurder ·

Op 75 plus jare oud en 57 plus jare sonder ongeluk agter die stuur het ek laas Donderdag BMW se gevorderde bestuurskursus op Zwartkops gaan doen. Wat ‘n ondervinding en ook om te besef dat ek nog fiks agter die stuur is saam met die jonges. Verskeie tegnieke van opleiding word gedoen wat K53 na ‘n vulletjie laat lyk. Wanneer jou kind sy bestuurslisensie het vir ongeveer ses maande laat hom ‘n kursus doen by een van die motorvervaardigers wat hierdie kursusse aanbied en help sodoende om die dood van die pad af te hou. http://www.bmwdrivingexperience.co.za/
My kleinseun is op die punt vir sy leerlinglisensie en gaan beslis ‘n kursus doen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.