Man sterf toe bakkie hom tref

Foto: Verskaf.

ʼn Man in sy 40’s is dood toe hy glo oor ʼn pad gehardloop het en deur ʼn bakkie getref is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 18:05 plaasgevind op die M13-Wes in Pinetownn.

“Dit blyk die man was besig om oor die pad te hardloop toe die bakkie hom tref,” het Botha gesê.

Toe die paramedici by die toneel opdaag het hulle die man in die pad, voor die bakkie aangetref.

“Die man is dood nog voor ons opgedaag het as gevolg van die omvattende beserings wat hy opgedoen het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Arsène Lupin ·

En nou gaan die bestuurder van die voertuig seker aangekla word.

Johan ·

Daar staan gister n man in die middel van die R21 spits verkeer……….ek het nie gedink jy gaan n minuut oorleef nie….weet iemand of jy dalk ook raak gery was? Ek kon sien dat jy lewendig oor daai hoofweg gaan kom nie……

Rasper ·

Dit gaan my verstand te bowe, die mense wat oor die pad hardloop. Hul weet nie hoe vinnig ry die motor nie, maar waag nogtans n kans. Ons land is lawless, almal vat net toiletpapier en vee hul af aan alle reels wette ensovoorts…….

Jan ·

Sovêr ek weet word geen voetgangers op snelweë toegelaat nie. Wat het hy, in die eerste plek, daar gesoek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.