Man sterf toe bakkie rol

Die bakkie se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Man is dood en vier mense beseer toe die bakkie waarin hulle gery het Saterdag in die vroeë oggendure op die M2-snelweg in Durban gebots en gerol het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê die botsing het omstreeks 02:00 op die M4-Suid voor die Old Airport-afrit plaasgevind.

“Die bakkie het teen die betonversperrings langs die pad gebots voor dit verskeie kere gerol het. Die bakkie het op sy wiele tot stilstand gekom,” het Jamieson gesê.

“Die bestuurder het ernstige beserings opgedoen. Paramedici kon niks vir hom doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die vier beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

smurfie ·

5 mense in n bakkie? Lyk ni soos n dubbelkajuit bakkie nie?

Andre ·

2 uur die oggend in ‘n maatskappy bakkie, verduideliking gaan intressant wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.