Man sterf toe bakkie, trok bots

Foto: Netcare 911

ʼn Man is Woensdagoggend dood tydens ʼn ernstige botsing tussen ʼn bakkie en ʼn vragmotor op die N3 naby die Reitz-afrit in die Vrystaat.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vragmotor en bakkie het omstreeks 08:00 gedeeltelik van voor op die snelweg tussen Warden en die Villiers-tolhek gebots. Foto’s wat ná die ongeluk geneem is, toon dat die voorste gedeelte van die bakkie erge skade in die botsing opgedoen het.

“Die bestuurder van die bakkie het erge beserings opgedoen en is op die toneel dood. Die vragmotorbestuurder het gelukkig net geringe beserings opgedoen,” het Dollman gesê.

Hy het gesê die pad moes gedeeltelik gesluit word en verkeer in die gebied is herlei terwyl die toneel opgeruim is.

Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Chris,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Genieve ·

Soveel ongelukke elkedag.Waar is die wetstoepassings dan.Dis teveel elkedag en jy sien hulle nerens nie.

Jeannette ·

Ja-nee, weer seker ‘n vragmotorbestuurder wat gedink het die pad is syne en syne alleen ….. ‘Skuus vir die ordentlikes daarbuite, maar dit is my ervaring en ek ry elke dag die pad tussen De Doorns en Worcester, met heelwat vragmotors daarop aan die gang. Baie vragmotors se ligte is uit, of die vragwa se ligte is nie reg gekoppel nie, daar is van dié wat met seile gedek is, waarvan die vrag geskuif het (dan vra jy nog hoekom hulle so maklik omval?) en ander vragmotorbestuurders ry sommer oor die dubbelbane, reg teen aankomende verkeer in (en dan moet jy, aankomend, padgee!) – hulle jaag teen mekaar (“dice” mekaar) of kom sit hier op jou agterent en as jy by die spoedgrens hou, dan flikker hulle hul hoofligte vir jou om te GEE PAD!!! (wat ek nie doen nie, so …………….. whê!!!!!!!!!)

Dalene de Vente ·

Dagsê Pieter,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Laetitia Nel ·

n Man is dood in ‘n ongeluk en Chris wonder of dit die N1 of N3 was. Dis siek.

Oompie ·

Regtig?? Net omdat hy wou seker maak waar dit gebeur het!
Baie onvanpas kommentaar wat jy lewer, dis SIEK.

madels ·

Vanoggend oppad na my man se werk toe wissel n trok van baan, van regs na links, ons was in die linkerbaan. My man moes erg remme aanslaan want die trok bestuurder het net eenvouding besluit hy gaan links, maak nie saak of ons amper langs hom was nie. Sommige trok bestuurders het geen respek vir ander motors op die paaie nie. Hierdie kon n lelike ongeluk gewees het, maar danksy my man se vinnige reaksie is ons nog lewend..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.