Man sterf toe girokopter hom tref

Foto: Netcare 911

ʼn Man, vermoedelik in sy 70’s, is Sondagmiddag dood toe hy op die oewer by die Vaal Marina langs die R54 deur ʼn girokopter getref is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is om 12:06 na die toneel ontbied met die nuus dat ʼn vliegtuigongeluk plaasgevind het. By hul aankoms op die toneel is hulle ingelig dat dit nie ʼn vliegtuigongeluk was nie, maar dat die man getref is terwyl die girokopter probeer het om ʼn noodlanding uit te voer.

“Die man is ondersoek maar het geen tekens van lewe meer getoon nie. Hy is dood verklaar,” het Herbst gesê.

Die polisie was op die toneel en die gebied is afgesper vir ondersoek deur die relevante owerhede.

Die naam van die oorledene is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Daan Erasmus ·

As ek die begeerte mog waag, sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag: “Ek het hom by sy werk gekry.”

~ C.J. Langenhoven
Vir ons ander en vir myself wat al 70 se kant toe staan is dit my begeerte om so vinnig te gaan. Nie iets stadig wat jou waardigheid opeet nie.

Irries ·

dit is ‘n 1 man sitplek tipe helikopter, gaan kyk op google images

Boet Fasie ·

Gaan die dood van die man nou gesien word as ‘n ongeluk, manslag of moord, mens moet nou maar die lug ook dophou vir vlieende voorwerpe.

PJC ·

Dit is vir my vreemd dat die oorledene nie die girokopter gehoor aankom het nie tensy die kopter se masjien nie meer geloop het nie. Ek sal graag al die feite wil hoor. Dit is baie interressante vliegmasjientjies daai.

Chris Ws ·

PJC daar is net een verklaring dat die man niks gehoor het nie en dit is die enjin van die girokopter het nie geloop nie.Dis ook die rede waarom daar ‘n noodlanding gedoen moes word want as sy enjin uitsny kom hy grond toe.Sy lemme dien as ‘n vlerk wat hom laat opstyg as hy vorentoe beweeg en sodra die vorentoe beging verminder (soos wanneer die enjin gaan staan ) gaan hy daal en grond toe kom.
Dis so jammer die oom was op die verkeerde plek op daai tydstip maar ons almal se strepie is op ‘n gegewe plek getrek.Ons innige simpatie en meegevoel met sy naasbestaandes.

Adri ·

Een van dieberigte waar jy geen idee het wat gebeur het nie. Hoekom berigte plaas as julle nie weet wat gebeur het nie? Arme omie.

Mel ·

Die probleem is…plaas hulle dit nie. Is die opinie dat niemand omgee oor die dood van ‘n persoon nie. Plaas hulle dit met die inligting tot hulle beskikking – is die opinie omgeswaai.

Damned if they do. Damned if they dont :-)

Sputnik ·

Nee wat, ek het yit die berig ‘n baie goeie idee gekry van wat gebeur het. Lees dit maar weer.

GM ·

Adri, ‘n man (vermoedelik in sy 70’s) is Sondagmiddag deur ‘n girokopter getref. Die insident het by die Vaal Marina gebeur – hulle dui ook aan dat dit langs die R54 is. Netcare 911 het gereageer. Hul noem ook hoe laat hul daar aangekom het, en dat daar niks was wat hul vir die oom kon doen nie. Die polisie het die gebied afgesper.
Die man se naam is nie bekend nie, en al was dit, moes hul seker eers sy naasbestaandes laat weet voor hul sy naam mag bekendmaak.
So wat presies het hulle nie in die berig genoem nie?

Hennie ·

Wat van die insittende van die girokopter? Het hy oorleef?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.