ʼn Man is dood nadat ʼn groep inwoners hom aangeval het oor ʼn brand wat Donderdagmiddag tussen 150 en 200 sinkstrukture in die Alexandra- informele nedersetting naby Sandton in Johannesburg verwoes het.
Kapt Steve Malatji, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media bevestig ʼn groep inwoners het die man daarvan beskuldig is dat hy verantwoordelik is vir die brand. Hy het op pad na die hospitaal aan sy beserings beswyk.
“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het Malatji gesê.
Hy het bygevoeg die polisie ondersoek ook die oorsaak van die brand. “Ons kan nie bevestig dat dit wel brandstigting was totdat ʼn ooggetuie na vore kom en inligting kan bevestig nie. Ons werk saam met die brandweer om die oorsaak van die brand te bepaal. Dit is nog nie in hierdie stadium duidelik of die brand doelbewus gestig is nie.”
Maroela Media het vroeër berig Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê daar word beweer twee mense in die nedersetting het rusie gemaak en een van hulle het die ander se plakkershut aan die brand gesteek. Die brand het daarna vinnig deur ʼn groot deel van die nedersetting versprei.
Sy sê dié bewerings moet egter nog deur die polisie bevestig word en dit vorm deel van die owerhede se ondersoek.
Nooddienste is omstreeks 16:00 na die nedersetting ontbied en het tot 21:00 gespook om die vlamme in bedwang te bring. Daarna moes brandbestryders nog plekke wat gesmeul het, natspuit en teen middernag was die smeulende gedeeltes ook geblus.
“KOM ONS WEES EERLIK”
Alle politieke partye oor jare heen, asook die party wat tans regeer. “Oes ons nie nou dit wat ons gesaai het nie”
“BYBELSE BEGINSEL”
Dis wat ek ook gedink het
Brandstigting aan die orde van die dag. Plak hier, plak daar, die brandweer kom nie daar. Wie betaal maar.