Man sterf toe helikopter neerstort

Foto: IPSS Medical Rescue

ʼn Man is Donderdag dood toe die helikopter waarvan hy die vlieënier was in die Eshowe-omgewing in KwaZulu-Natal neergestort het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê hul paramedici is met ʼn helikopterambulans na die afgeleë toneel vervoer waar die R44-helikopter neergestort het.

“Die vlieënier was glo besig om gewasse te spuit toe hy vermoedelik in die moeilikheid beland en toe glo met die helikopter in kragdrade vasgevlieg het.”

Volgens Herbst het omstanders die man uit die brande wrak getrek. Hy is egter deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

Die voorval kom net dae nadat ʼn sweeftuig Maandag naby die Plettenbergbaai-lughawe in die Wes-Kaap neergestort het. Twee mense is in dié voorval dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre ·

Al weer ‘n Robinson helikopter. Wanneer gaan burgerlugvaart dié kaskarre verban?

Tommie ·

Ek stem 100% saam.
Self helikopter vlieënier en opleiding op R22 gedoen, maar die R44 is werklik ‘n kaskar, soos jy sê.
Een keer was vir my genoeg. Nooit weer nie.
If it is not Bell, Beach or Boeing, I’m not going! LOL

Dawid ·

Omdat die robinson,al jare lank, as betroubare opleidingshelikopter gebruik word en ook omdat hy die goedkoopste prys vir wildvang/tel en vir privaat gebruik, sal hy nie verdwyn nie! Vra eerder, wat het die vlieenier asngejaag…?

Blommie ·

Presies Dawid, seker as een van die ander “Bell” in die kragdrade vasvlieg sou dieselfde gebeur het. Dis n tregedie en n ongeluk…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.