Man sterf toe hy boom tref

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man in sy 20’s is Sondagaand in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal dood nadat hy met sy motor teen ʼn boom gebots het.

“Volgens ooggetuies het die man beheer oor sy motor verloor, waarna dit getol het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Die ongeluk het in Edendaleweg plaasgevind. “Die voertuig het die pad verlaat en die boom getref.”

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam moes uit die wrak gesny word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.