Man sterf toe hy gaan fietsry

Foto: Netcare 911

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is Sondagoggend dood toe hy in Orient Hills in die Wieg van die Mensdom gaan fietsry het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die man was deel van ʼn groep wat fietsgery het toe hy skielik ineengestort het. Paramedici is omstreeks 09:40 na die toneel ontbied.

“Die man se mede-fietsryers het gevind hy is bewusteloos en het paramedici gebel om hulp te verleen,” sê Herbst.

Op die toneel het paramedici kardiopulmonêre resussitasie toegepas en alles in hul vermoë probeer om die man weer by te bring. Dit was egter tevergeefs en die man is op die toneel dood verklaar.

Herbst sê die omstandighede van die voorval en oorsaak van die man se dood sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

WIEBO ·

Dit is baie jammer! Net dankbaar hy is nie raakgery of aangeval gewees nie. Baie sterkte aan sy familie en naasbestaandes.

Ronel ·

Sterkte aan sy vriende en familie, dis altyd tragies om ‘n atleet te verloor, jammer vir julle verlies

Karien ·

Tragies om n atleet te verloor??? Nou wat van die wat nie in sweet uitbars elke dag nie, is dit nou fine as hulle omval? Dis tragies om enige een aan die dood af te staan. Die lewe is kosbaar. Tragies vir die wat dit moes beleef en sien gebeur, baie sterkte vir almal betrokke en vir die familie en vriende.

Leon ·

Dit is altyd tragies dat iemand wat aan sport in vrye tyd deelneem, te sterwe kom op watter manier ookal. Ek is self ‘n fietsryer, en sulke dinge tref my altyd in die hart. Baie sterkte aan die familie met hierdie tragedie.

Wonder ·

Sjoe, dit is sleg. Ons het gister daar verby gery en nogal gewonder wat gebeur het.

GM ·

Karien, ek dink nou nie Ronel het bedoel dat ‘n atleet se lewe meer werd is nie, maar dalk juis na die woord ‘atleet’ verwys, omdat dit ‘n sportiewe persoon was wat oorlede is in bogenoemde geval, en atlete haar dalk na aan die hart lê. Ek vind dit minder tragies as kinderverkragters en moordenaars sterf, so vir my is alle lewens seker nou nie ewe kosbaar nie.

Sterkte aan die man se naasbestaandes.

Marinda ·

Dis tragies. Sterkte aan die familie en naasbestaandes van die atleet.
Dankie GM. Jy neem die woorde uit my mond.

Magaretha van heerden ·

Onverwagse dood is altyd roerend. Ook so jonk. Solank die persoon die Here geken het maak dit tog nie saak nie. Ons moet almal gereed wees om enige tyd te gaan. Mense druk hulself maar net uit soos wat hulle betrokke voel. As jy n atleet is is dit te verstane en ok. Mens kyk soms te krities na andere en wat hulle se. Kom ons he liewers empatie en liefde vir mekaar eerder as om altyd fout te vind.

Vra net ·

Pieta, as die skoen pas, trek dit aan. En asb tog, jou se ding van ‘soos Christene maar altyd doen’ spreek boekdele oor hoe jy n gesprek sal hanteer. Tipies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.