Man sterf toe hy glo beheer oor voertuig verloor

(Foto: Netcare 911)

ʼn Motoris is Sondagaand dood nadat hy op die M1 in Johannesburg in ʼn ongeluk betrokke was.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is om 19:57 na die toneel op die M1 naby Corlett‑rylaan in Waverley ontbied.

“Volgens inligting van mense op die toneel het die man beheer oor die voertuig verloor wat tot die ongeluk gelei het. Die bestuurder is deur paramedici ondersoek, maar het geen tekens van lewe meer getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Herbst gesê.

Geen ander voertuig was by die ongeluk betrokke nie. Teen laat Sondagaand was die oorledene se identiteit nog nie bekend nie.

Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Arno ·

Hoekom verloor mens beheer oor jou motor?
Die probleem is ons mense het geen respek vir wetgewing nie……spoed, drank ens. Dit lei tot baie lewensverlies en onskuldige mense sterf, nie altyd net die skuldige nie.

IK ·

In die kol Arno MAAR ek wil byvoeg dat die slaag van K53 geskied onder normale omstandighede. Was die pad dalk nat in hierdie ongeluk en die bestuurder nie vertroud met wat kan gebeur? Gaan doen maar ‘n gevorderde bestuurskursus soos wat ek verlede jaar gedoen het op 75-jarige ouderdom by BMW Zwartkops. Ek het na 58 jaar ongeluksvry nog daarby baat gevind alhoewel ek in my jong dae aan tydrenne deelgeneem het. Sodra ‘n nat teerpad of grondpad gery word dan begin die sports. Ek het in 1960 op ‘n klein plattelandse dorpie my bestuurslisensie gekry na slegs AGT dae met ‘n leerlinglisensie. Ons beskou egter ‘n bestuurslisensie as ‘n reg om te hê, inderwaarheid is dit ‘n voorreg. Ek waag om te sê dat daar diegene is wat nie bevoeg is om ‘n lisensie te hê want die aanvoeling is net nie daar. Wanneer jy bestuur is jy DEEL van die voertuig en sit nie sommer net daar as ‘n byvoegsel. Jy en jou voertuig is EEN op die pad.

Anoniem ·

Baie dinge kan gebeur om beheer oor n voertuig te verloor. Nie noodwendig spoed nie, n hart aanval, epilepsie, beroerte, skielikke black out , menigte mediese toestande, dan kan daar fout gaan met die motor n band kan bars en dit kan nog n goeie band ook wees, jou kragstuur kan ingee. jy kan n slaggat tref, n papier waai voor jou windskerm in n magdom foute maar nou kom die eerste gedagte spoed, dronk sommer net roekeloos. Asb tog dink net n bietjie verder.

Maljan ·

Moet julle altyd die ergste van almal glo? Ons oaaie is absoluut vrot en n verdomdse gevaar om op te stap laat staan nog ry. Onlangs op pad tussen Hazyview en Graskop/Pelgrimsrust gery. Die pad was Des/Jan gelap. Een pas herstelde gat het oopgespoel om n helse bol plastiek bloot te lê. Wonder eerder hoeveel diesel en seeppoeier word nou saam met die teer gemeng om die ongelukke te veroorsaak.

Koos ·

Baie jammer vir die naasbestaandes.
Die fotos toon nie alle hoeke nie, maar die kar lyk nie te sleg nie, en dit laat my wonder of die bestuurder sy veiligheidsgordel gedra het? Ek het karre in baie slegter toestande gesien waar mense uit geklim het, of uitgesny was. Hulle lewe tedanke aan hulle veiligheidsgordels. En ja in SA speel drank, spoed en verontagsaming van verkeerswette ook ‘n baie groot rol in ons sterftesyfers op die paaie.

Lynette ·

Ek weet nou nie hoekom het hy beheer verloor nie. Maar ek was een aand op die hoofweg N1, 3 motors het resies gejaag verby my motor toe het een van hulle ‘n ongeluk gemaak, darem was dit net hy en nie onskuldige mense nie. Dit was verskriklik. So ja – spoed en drank.

Neels ·

Ai die voertuie van vandag is erger as n steeks donkie mens kan hulle net nie in toom hou nie. Waar le die fout met voertuie wat onbeheerbaar is.., is dit n onbekwame bestuurder of is dit n fabrieks fout. My oersoonlike opinie na amper 60 jaar agter n stuurrwiel, swak bestuurs opleiding en moontlike ander by middela

Charlie ·

Hierdie ding het my tweemaal oorkom – gelukkig sonder nadeelige gevolge.
In beide gevalle was dit baie laat in die nag na n baie lang druk en spanningvolle dag.
Ek het aanhou bestuur ten spyte daarvan dat ek agtergekom het dat ek my oë elke nou en dan gesluit het weens uitputting.
Met die het dan ook agter die stuur aan die slaap getaak en op die punt om geheel beheer oor die motor te verloor.
Geluide van buite en binne die voertuig het my laat wakker skrik en kon die motor weer onder beheer kry sonder ernstige skade.
Daarna het ek myself gedissiplineer om te stop wanneer ek weer vaak word en na gelang van omstandighede net daar van die pad afgetrek en geslaap vir sowat 30 minute.

Maljan ·

Moet julle altyd die ergste van almal glo? Ons oaaie is absoluut vrot en n verdomdse gevaar om op te stap laat staan nog ry. Onlangs op pad tussen Hazyview en Graskop/Pelgrimsrust gery. Die pad was Des/Jan gelap. Een pas herstelde gat het oopgespoel om n helse bol plastiek bloot te lê. Wonder eerder hoeveel diesel en seeppoeier word nou saam met die teer gemeng om die ongelukke te veroorsaak.

Chris Ws ·

Almal vergeet van die eenvoudigste ding maar wat die grootste euwel agter die stuur is na my mening : die antwoord van of gebruik van ‘n selfoon terwyl jy bestuur.Niemand wil glo tot hoe ‘n geweldige groot mate jou aandag afgetrek word deur ‘n selfoon nie!Nou is daar boetes van R1000 as jy gevang word.Dis te lig.Moet minstens R5000 wees EN jou foon moet gekonfiskeer word ongeag of hy R10,000 gekos het.
Maar ja almal kan spekuleer soos hulle wil maar niemand weet regtig wat aanleiding tot die ongeluk gege het en na die man se dood gelei het nie.

Sê net ·

Die pad lyk nat. Hy was dalk met iets anders as bestuur besig. Logika dikteer dat jy uiters versigtig moet bestuur op nat paaie.
Baie mense, veral in die stede, verstaan nie nat paaie is glad nie.
Verkeersligte word selfs in nat kondisies gesien as “Op julle merke, Gereed, Gaan!” en nie “Ry versigtig, Maak gereed om te stop, Stop en wag” nie.

Suzette ·

Baie van hierdie kommentators wil hê dit moét die persoon wat bestuur het se skuld wees. Vanoggend in hierdie groot storm het n persoon op die N1 soos n groot lugvraghouer gejaag, met nog sy selfoon in sy hand. Hy het amper n paar van ons in n ongeluk gehad. Mense dink hulle het die pad gekoop en het alleenreg, nou ry ek en ander ewe onskuldig en geduldig en die houer ry voor jou in. Met die paaie nat ens kan jy sonder n koppie koffie beheer oor jou voertuig verloor omdat daar so baie lugvraghouers (lees nkorter woord) ry. Entitlement is erg, en party is nevermind haastig, net pleinweg ongemanierde padverbruikers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.