Man sterf toe hy in brug vasry

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Man in sy 50’s is dood nadat sy voertuig Donderdag teen ʼn brug oor die M4-snelweg in Durban getref het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het by die M41-brug plaasgevind. “Die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê. “Hy was in die wrak vasgekeer. Paramedici het die man uit die wrak bevry en vir langer as ʼn halfuur tevergeefs probeer om sy lewe te red. Hy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.