Man sterf toe hy onder padskraper beland

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 45-jarige man is Woensdag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, dood nadat hy onder ʼn padskraper beland het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 13:40 na die toneel in eTafuleni ontbied. Daar het die man se kollegas hulle ingewag en hulle gewys waar ʼn padskraper ʼn ver ent by ʼn wal afgerol het.

“Paramedici kon nie met ʼn ambulans by die toneel kom nie en moes hul toerusting by die wal afdra,” het Vermaak gesê. “Toe hulle onder kom, het hulle egter gevind dat die man reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk het.”

Volgens ooggetuies het die man die padskraper naby die wal bestuur en vermoedelik beheer verloor. Die padskraper het gerol en hy het uitgeval en onder die masjien beland.

Die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.