Man sterf toe hy onder vragmotor beland

Foto: Verskaf.

’n Man, vermoedelik in sy 40’s, is Vrydagmiddag dood toe hy onder ’n vragmotor beland het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 14:00 op Londonweg in Linbropark plaasgevind.

Toe ER24 paramedici saam met ander nooddienste by die toneel opdaag het hul die vragmotor aan die kant van die pad aangetref.

“Die liggaam van die man is vasgekeer onder die voertuig aangetref. Paramedici het die man ondersoek en hom op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Meiring het gesê daar word vermoed dat die man glo uit die voertuig geslinger is toe die kajuit van die vragmotor losgekom het.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.