Man sterf toe hy op vliegtuig klim

FlySafair

ʼn Man is dood nadat hy inmekaargesak het pas nadat hy ʼn vliegtuig betree het by die Internasionale Lughawe OR Tambo.

Die lugredery FlySafair het bevestig die man het pas aan boord vlug FA200 gekom toe hy in die deur van die vliegtuig inmekaargesak het.

Paramedici is onmiddellik ontbied, maar kon nie daarin slaag om die man by te bring nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die lugredery het sy meegevoel met die oorledene se familie, asook die passasiers wat die voorval aanskou het, betuig.

Die vlug na die Kaapstadse Internasionale Lughawe is gevolglik vertraag aangesien dit standaardprosedure is dat alle passasiers ʼn vliegtuig moet ontruim indien iemand daarop sterf sodat die polisie die toneel kan ondersoek.

Vlug FA201 van Kaapstad na Johannesburg is ook gevolglik vertraag aangesien dieselfde vliegtuig gebruik word.

FlySafair het intussen ʼn ander vliegtuig vir vlug FA200 beskikbaar gemaak wat teen 10:30 vertrek het.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Deloris ·

So weet mens nooit wanneer is dit jou tyd nie
Sterkte aan die familie

Cheryl ·

Nou presies dieselfde gesit en dink, dis tragies, sterkte aan sy familie

Leon ·

Nou word ek bang vir Safair. As dit nie fetusse is nie dan stef die mense in die deur. Dit klink nie baie goed nie. My ma het altyd gesê dinge kom in drieë.
Wat is volgende?

Gesiggie ·

Dit is tragies… so is ons tyd bepaal? ons weet net nie wanneer? my innige meegevoel aan die familie. Kan net dink hoe erg dit moes wees vir die lugredery .

Linda ·

Lank gelede, byna 65 jaar, het my ma se ma so inmekaar gesak en gesterf op Germiston stasie toe hulle treine gewissel het. Dit was op 24 Desember en hulle was oppad om vir kersfees by familie te kuier. Tot my ma op 82 oorlede is 6 maande terug, het sy daarvan gepraat. Dit het ‘n ewige seer in haar hart gelaat. My innige simpatie aan die familie wat vanoggend iemand dierbaar verloor het.

Kol ·

Baie sterkte aan die familie en vriende. Hy was ‘n goeie man gewees. Sal Baie gemua word.

Kol ·

Baie sterkte aan die familie en vriende. Hy was ‘n goeie man gewees. Sal Baie gemis word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.