Man sterf toe hy tydens rooftog terugbaklei

Argieffoto: enca.com

ʼn Man van Parys in die Vrystaat is dood nadat hy Vrydagaand ten aanskoue van sy geliefdes tydens ʼn rooftog by sy huis geskiet is.

Christo du Plooy (43) is omstreeks 18:50 by sy huis in Freedmanstraat geskiet en na ʼn hospitaal gehaas waar hy later gesterf het.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Du Plooy en sy vriendin, asook sy stiefdogter en haar kêrel was by die huis toe die voorval gebeur het. Volgens Rani was Du Plooy se vriendin in ʼn buitekamer, waaruit sy ʼn salon bedryf, met kliënte besig toe sy onraad gemerk het.

“Sy het vermoed iets is buite aan die gang en het gaan ondersoek instel. Daar het sy drie onbekende mans in die erf aangetref. Hulle het haar vasgemaak en by die hoofhuis ingedwing waar [Du Plooy], sy stiefdogter en haar kêrel televisie gekyk het,” het Rani gesê.

Die rowers het die slagoffers opdrag gegee om op die grond te lê, maar Du Plooy het volgens Rani geweier en ʼn struweling het tussen hom en die rowers ontstaan. “Twee van die rowers het weggehardloop en [Du Plooy] het met die oorblywende verdagte gestoei en is in die proses geskiet.”

Die ander slagoffers is nie tydens die voorval beseer nie.

Volgens Rani het die rowers drie selfone en ʼn skootrekenaar gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Sake van moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jacques ·

Erg misdaad soos moord gebeur in hierdie land, tog word daar ‘n grooter bohaai gemaak oor wat op super sport gebeur het. My simpatie met die familie.

Chris ·

Jy is so reg Jacques! Prioriteit word gegee aan ‘alleged’ rassisme in rugby terwyl mense afgemaai word terwyl hulle vreedsaam by hulle eie huise sit.

Andile ·

Die boere van die omgewing moet asb. niks doen anders is hulle mos nou die moordenaars en die aanvallers onskuldige babba’s. Dit het ons mos nou reeds gesien.
Nog n week, nog n gesin vernietig.

Andre ·

Nog ‘n voorval van “onteiening sonder vergoeding” !

Dis lankal aan die gang!

Bewapen jouself en beskerm jouself, jou familie en jou besittings.

Oom Kalahari ·

Dit strek al hoe verder….lewens onteiening en grond onteieninge sonder vergoeding.
Alle medelye en simpatie aan die familie en wens jul sterkte toe vorentoe. So word die stemgeregdes vir 2019 verminder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.