Man sterf toe hy uit hotel val

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is dood toe hy drie verdiepings ver uit ʼn hotel in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het Vrydag uit ʼn hotel in Jabu Ndlovu (Loopstraat) geval.

“Paramedici het omstreeks 12:15 by die toneel aangekom en is deur die binnehof na die tuin gelei waar die pasiënt gevind is,” het Meiring verduidelik. “Die man is ondersoek en daar is bevind dat hy veelvoudige beserings opgedoen het. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en daar is niks wat hulle verder vir hom kon doen nie.”

Die man is op die toneel dood verklaar. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae