Man sterf toe kar deur grensmuur ploeg

Die voertuig se wrak. Foto: Rescue Care

ʼn 33-jarige man is Woensdag dood en sy vrou beseer toe die motor waarin hulle gery het die pad verlaat en deur ʼn grensmuur van ʼn huis in Queensburgh, wes van Durban, geploeg het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê die voorval het omstreeks 10:10 op die hoek van Main- en Morrisonweg plaasgevind.

“Die man wat bestuur het, het vermoedelik om mediese redes beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het die pad verlaat, is teen ʼn steilte af en het deur die grensmuur van ʼn huis geploeg,” het Jamieson gesê.

Die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het. Ten spyte van paramedici se volgehoue pogings om sy lewe te red, is hy op die toneel dood.

Sy vrou het matige beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie en niemand anders is beseer nie.

Die polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

‘n Foto van die toneel. Foto: Rescue Care

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieterlewismuts ·

Die opskrif van hierdie berig het my baie laat kopkrap.
Die man wat gestel het- was hy voor of agter.die muur toe die motor die.muur tref.
Het hy gestel van sy besering agv die.botsing met die.muur.
Dan verneem ek hy het om mediese redes beheer verloor.
Ag tog het die ou man tog nie n hartaanval gekry daar in die motor nie. Ai hoe jammer. Dan kyk ek terug en sien die.man se ouderdom word aan gegee as 33.jaar.
En nou, wat nou?
Dan besef ek dat 33 jariges ook moontlik n hartaanval kan kry.
Wina

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.