Man sterf toe kar glo op konstruksiepad jaag

Foto: ER24

Foto: ER24

Een man is dood en drie ander beseer tydens ʼn ongeluk Sondagoggend vroeg op die R511-pad in Lonehill, Johannesburg.

Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het ooggetuies gesien hoe die voertuig glo op ʼn pad, waar konstruksiewerk plaasvind, gejaag het. “Die motor het na bewering ʼn sloot getref en is teen betonversperrings geslinger,” het Meiring gesê.

Een van die insittendes het ernstige kopbeserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Een persoon het kritieke beserings aan sy kop en bors opgedoen. Hy moes uit die wrak gesny word. Die ander twee persone het slegs geringe beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.