ʼn Man in sy 40’s is dood nadat sy motor teen die betonpilaar van ʼn brug gebots het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die N3-snelweg tussen Pietermaritzburg en Mooirivier in KwaZulu-Natal plaasgevind.
Paramedici van twee nooddienste is na die botsing ontbied. Die man het om die een of ander rede beheer oor die voertuig verloor waarna dit die pad verlaat en teen die pilaar gebots het. Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek.
“Die man is ondersoek en daar is gesien dat hy geen tekens van lewe toon nie. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”
Die ongelukke op die paaie is iets vreesliks deesdae. Dis net so baie en erg soos die misdaad in die land. Goeie genugtig wat gaan aan??
Goeie genade, watter spoed moes die man ry om sy motor so te laat lyk en nog sy lewe verloor?
‘n Beton pilaar en ‘n boom is die hardste en dodelikste goed om in vas te ry want hulle gee niks mee nie.