Man sterf toe lamppaal op hom val

Betoging in Rocklandsweg, Kariega (Foto: @trafficupdatePE/Twitter)

Nkosinathi Lukas (38), ʼn plaaslike inwoner in Kariega in die Oos-Kaap is Donderdagoggend vroeg dood toe ʼn lamppaal op hom geval het.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het plaasgevind tydens ʼn gewelddadige betoging in Rocklandsweg. Die gemeenskap betoog oor dienslewering in die gebied.

“ʼn Groep mense het die pad verby Gunguluza kort voort 05:00 versper. Hulle was besig om ʼn beton-lamppaal op te lig, wat gebruik is om die pad te versper, toe dit omgeval en Lukas op die kop getref het.”

Lukas is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Passasierbus en twee bakkies is ook tydens die betoging aan die brand gesteek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen na Lukas se afsterwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pietertjie ·

More oggend gaan wag hulle weer by die bushalte vir daai bus.

Miena ·

So daai klomp moet aangekla word vir strafbare mansslag dan… o ja maar nou weer – ons bly in Suid Afrika!!! Die skuldige(s) is mos nou weg.

Surfer ·

Hulle brand en versper weer vanoggend. Waar is die traangas? Waterkanon. Die polisie is daar, maar sit rustig en toekyk in hul bakkies. Sirkus op sy beste. Viva ANC.

AH ·

Ek stem saam. My simpatie met mense wat hulself beseer of omkom a.g.v. hul eie stiksienige optrede is minder as nul…….

Yvonne ·

Nerens polisie insig om die oortreders te beheer nie…..hoe tragies is alles

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.