Man sterf toe motor boom tref

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Jong man is Maandagoggend dood toe die motor wat hy bestuur het teen ʼn boom gebots het in Westville, Durban.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel in Universiteitsweg naby die M13, het die motor op sy sy gelê met erge skade aan die bestuurderskant van die voertuig.

“’n Man in sy 20’s was in die voertuig vasgekeer en in ʼn kritieke toestand. Nog ʼn man wat glo ʼn passasier in die voertuig was, het langs die voertuig gestaan terwyl omstanders hom gehelp het,” het Meiring gesê.

Paramedici het vinnig gewerk om die bestuurder uit die voertuig te sny en te probeer stabiliseer. Ten spyte van hul pogings het hy egter op die toneel aan sy veelvuldige beserings beswyk.

“Die ander man is ook behandel en na ʼn hospitaal gehaas vir verdere behandeling,” het Meiring gesê. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bloues ·

Hy het die boom getref met die kant van die kar , so lyk dit. Ek is net dankbaar dit was n boom en nie n ander moter met onskuldige mense nie.

m ·

Wel as jy sien hoe onverskillig mense bestuur dan verbaas hierdie ongelukke mens glad nie. Jy kan maar net op jou kniee gaan en dankie se as jy veilig by die werk aangekom het en vanmiddag weer by jou huis veilig aangekom het. Verstaan nie dat mense so no care can bestuur nie. Hulle stel hulle eie veiligheid asook ander s’n op die spel.

m ·

As mens sien hoe onverskillig mense bestuur dan verbaas ongelukke mens nie.

Liewe Heksie ·

ja groet mooi as jy die oggend jou huis verlaat en wees verlig en bly en gelukkig as jy by jou huis kom want die lewe kan in n oogknip verby wees

Johan ·

As jy na die kar kyk lyk dit vir my asof spoed beslis ‘n rol gespeel het. Die kar moes teen ‘n hengse spoed die boom getref het.

Flippie ·

Dit lyk vir my of die boom teen ‘n hoë spoed in die motor vasgejaag het.

Ek dink die Durban Verkeersafdeling moet so ‘n bietjie nagdiens doen om die onverskillige bome hok te slaan daar is heeltemal te veel van hulle.

chris ·

Flippie, ek dink jou kommentaar is onsensitief en ongevraagd, wat van as dit jou kind was ???? Sou jy dan nog steeds so ‘n opmerking geplaas het . Sterkte aan die familie van die oorledene.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.