Die polisie in Tzaneen doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 39-jarige werknemer van ʼn plaaslike bank aangetref is in ʼn brandende motor.
Die motor het langs ʼn ou gebou van die Pekoe View-teetuin naby Magoebaskloof buite Tzaneen parkeer gestaan.
“Die polisie is ontbied nadat inligting ontvang is oor ʼn motor wat brand,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Volgens inligting het die man met die R71 na Pekoe View gery en dit het kort daarna begin brand. Die ondersoek sal die oorsaak van die brand bepaal.”
Die naam van die oorledene sal bekend gemaak word sodra die naasbestaandes in kennis gestel is.
Maroela Media verneem die man het sy eie lewe geneem deur die motor aan die brand te steek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Dis verskriklik tragies dat die mense so moed verloor!!!!
Alles brand deesdae, wat gaan aan?
Baie hartseer dink aan julle
Stem saam Vrikie,hier en oorsee………….
Aan die ouers van die man.
Die liefde van onse Here is soos n groot oseaan. Ons sien die begin maar nooit die einde nie. Al staan ons op skurwe rotse of op sagte sand sal Hy Sy ewige liefde oor ons spoel dag vir dag.
Mag onse Here se seen en genade vandag more en altyd julle omvou en dit soos die oseaan geen einde ken nie.
Net God ken die waarheid en net God kan julle troos.
Ons kan maar net vir julle bid.
van Gerrie en May Pieterse