Man sterf toe motor brand

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Die polisie in Tzaneen doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 39-jarige werknemer van ʼn plaaslike bank aangetref is in ʼn brandende motor.

Die motor het langs ʼn ou gebou van die Pekoe View-teetuin naby Magoebaskloof buite Tzaneen parkeer gestaan.

“Die polisie is ontbied nadat inligting ontvang is oor ʼn motor wat brand,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Volgens inligting het die man met die R71 na Pekoe View gery en dit het kort daarna begin brand. Die ondersoek sal die oorsaak van die brand bepaal.”

Die naam van die oorledene sal bekend gemaak word sodra die naasbestaandes in kennis gestel is.

Maroela Media verneem die man het sy eie lewe geneem deur die motor aan die brand te steek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sannie ·

Roger Teale het in 1994 gesê alles gaan brand. Kyk dit op youtube – Roger Teale prophesy for Sòuth Africa

May Pieterse ·

Aan die ouers van die man.

Die liefde van onse Here is soos n groot oseaan. Ons sien die begin maar nooit die einde nie. Al staan ons op skurwe rotse of op sagte sand sal Hy Sy ewige liefde oor ons spoel dag vir dag.
Mag onse Here se seen en genade vandag more en altyd julle omvou en dit soos die oseaan geen einde ken nie.
Net God ken die waarheid en net God kan julle troos.
Ons kan maar net vir julle bid.
van Gerrie en May Pieterse

Gesiggie ·

Mev Pieterse- wat n mooi gebaar en woorde van jou kant af- So baie mense lewer slegte kommentaar – of het altyd iets by te las – So jammer vir die man se Familie -Wens dat daar n ander weg was – of iemand wat hom kon bystaan in sy tyd van nood – Die lewe loop soms met n mens snaakse draaie, maar Selfmoord is nie altyd die uiweg.. maar ons kan nie oordeel, ons ken nie die mens se omstandighede . Sterkte aan sy Familie en Vriende. RIP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.