Man sterf toe motor brug tref op nat pad

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Man in sy 30’s is dood toe sy motor Woensdag teen ʼn brug in Pinetown, KwaZulu-Natal, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 06:42 op Mahoganyweg plaasgevind.

“Die man het vermoedelik beheer oor die motor verloor toe hy in nat weerstoestande om ʼn draai gegaan het. Die motor het teen die brug gebots en op ʼn graswal tot stilstand gekom,” het Meiring gesê.

Die man is uit die motor se wrak gehaal en deur paramedici ondersoek. “Hy het verskeie noodlottige besering opgedoen. Ongelukkig kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê die nat padoppervlak het vermoedelik tot die oorsaak van die ongeluk bygedra.

Owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Buitestander ·

Ja, bestuurders met min erwaring wat nog nie padtoestade goed kan lees nie verloor maklik beheer oor voertuie.

Stoney ·

Ek staan stomgeslaan dat motoriste nie weersomstandighede in ag neem as hulle bestuur nie. Reen dit jaag hulle soos blou blitse by jou verby en nog sonder enige ligte. Skemeraand is jy veronderstel om jou ligte te gebruik, nie vir jou om beter te sien nie maar vir ander bestuurders om jou raak te sien. By padwerke jaag hulle en hou nie by spoed soos neergelê nie. Klomp mamparras wat agter motor se stuurwiel inskuif. As jy niks vir jou eie lewe voel nie, dink aan ander padgebruikers.

wilma ·

Dankie Stoney. Stupid bestuurders sal natuurlik ni glo wat jy se ni

C ·

Stoney ek stem volkome saam met dit wat jy se. ‘n ander ding wat deesdae mode hier by ons is is dat die mamparras gebruik nou sperstrepe om voertuie wat in hul spoedgrens bestuur verby te steek. Ons verskeers beamptes sien dit want hul sit reg onder die boom in die skadu, maar dit gaan by hul ook maar net ongesiens verby. Daar bestaan ongelukkig nie by hul iets soos padreels en padveiligheid nie. Dit is hartseer om te dink hoeveel onskuldige gehoorsame padverbruike sterf agv ander se nalatigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.