Man sterf toe motor hom teen boom vaspen

‘n Foto van die ongelukstoneel in Vanderbijlpark (Foto: ER24)

ʼn Man van Vanderbijlpark in die suide van Gauteng, vermoedelik in sy 30’s, is Maandagaand dood toe hy beheer oor sy motor op die R59-hoofweg verloor het. Sy motor het verskeie kere gerol.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die man was tussen die motor en ʼn boom vasgepen by die aankoms van nooddienste op die toneel.

“Die man het aan veelvuldige beserings beswyk,” sê Meiring.

Die motorwrak is deur nooddienswerkers van die toneel verwyder en die man sy liggaam is na ʼn lykshuis vervoer.

Meiring sê die oorsaak van die ongeluk is in dié stadium nie bekend nie, maar daar word vermoed dat die man bloot net vir ʼn oomblik konsentrasie op die pad verloor het.

ʼn Ondersoek deur die polisie is Maandagaand van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

kyk mooi ·

derde paragraaf van onder “…en se man sy liggaam…”

Houtoog ·

Kyk mooi ‘kyk mooi’ dis ‘ . . . en die man sy liggaam . . . ”
Mens wonder tog of daar met ongelukke nie gemeld kan word of daar aanduidings is/was van die dra van veiligheidsgordels en in die geval van kinders babastoeltjies?

Cheryl ·

Goeie genade daar is deesdae vreeslik ongelukke in Vanderbiljepark as ek lees van ñ ongeluk motor of motorfiets Dan is dit in Vanderbiljepark…..wat gaan aan daar?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.