Man sterf toe motor hom tref ná botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is Saterdag in die vroeë oggendure dood toe sy motor op die N1-Suid buite Pretoria teen ʼn ander voertuig gebots het, hy uit die motor geslinger is en deur ʼn derde motor teen ʼn hoë spoed getref is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 03:40 naby die Olifantsfontein-afrit plaasgevind. Dit is nie in dié stadium duidelik wat die oorsaak van die botsing was nie, het Botha gesê.

“Met paramedici se aankoms het wrakstukke van die voertuie oor die pad gesaai gelê en ʼn man het in die middel van die snelweg gelê. Hy het ongelukkig reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk.”

Volgens Botha het ʼn ander persoon ernstige beserings in die ongeluk opgedoen, terwyl ʼn derde persoon net geringe beserings opgedoen het. Die twee beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jemma ·

Was dan definitief dan die ongelukkige man se tyd om die tydelike met die ewige te verwissel

Xa ·

Ek het soortgelyke ongelukke gesien. Gewoonlik gebeur dit as mens nie veiligheidsgordel dra nie. Die beld hou mens in kar. As iemand uitslinger ry ander karre oor, veral in nag.

johan ·

Die verslag is verkeerd. Hy het nie te vinnig gery en hy het sy gordel aangehad. Die kar het skielik regs geswaai. Iemand het hom uitgehaal en oor die pad gesleep toe tref n kar hulle

Christo ·

Was vanoggend oppad werk toe verby die ongeluk toeneel, daar is niks van daai kar oor wat op sy dak le nie. dit was n baie hoe spoed

johan 2 ·

Sterkte aan die familie en sy vriende. Hy gaan baie gemis word.

Verster ·

Ek wonder of die tolhekke se ligte nie soms die bestuurders verblind in die nag nie??? Dit is nogal sleg om deur hul te ry in die nag, ervaar julle dit ook so?

Lou ·

Ja ek ervaar dit ook so. Dan lyk dit ook soos UV (Ultra Violet) ligte. UV ligte is skadelik vir mens se oe.

Cherokee ·

Nee, die ligte pla nie. Al wat pla by tolhekke is die fooie.

johan ·

Dit was my liefste seun. Weet nie wat gebeur het. Hy was altyd verandwoordelik. Wat my pla is hoekom daar geen details van die kar geneem is wat oor hom gery het. Daar is ook geen inligting oor die derde kar in die verslag. Wat steek hulle weg? Ons gaan vrydag na die Sanral vidio kyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.