Man sterf toe motor hom tref

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is Saterdag dood toe ʼn motor hom op die R21-hoofweg in Kempton Park raakgery het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die liggaam van die man het aan die regterkantse skouer van die pad gelê. Sy liggaam is vermoedelik met die impak van die botsing etlike meter ver geslinger.

“Die man is op die toneel dood verklaar,” sê Meiring.

Die bestuurder van die motor is ook ondersoek, maar het geen beserings in die voorval opgedoen nie.

Plaaslike owerhede was op die toneel en het ʼn ondersoek van stapel gestuur. Meer inligting oor die voorval is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hennie ·

Kom ons doen gou die ondersoek. Man is op die R21 dood gery. Hoof weg wat beteken hoe volume voertuie teen n minimum van 100 km/h so wat soek die man daar? Volgens die pad wet mag GEEN voetganger of fietsryer op n hoof weg wees nie.

Han ·

Stem saam Hennie! Motoriste is geregtig om tot 120 km/uur op ‘n hoofweg te ry. Hoe vermy jy teen daardie spoed ‘n voetganger wat voor jou in loop/in hardloop?

PJC ·

Nee Hennie hierdie mense dink mos hulle is nou “bullet proof” want hulle is dan in beheer van die land.

Hanna ·

Voetgangers op die N2 naby Kaapstad is n nagmerrie. Daar is al n muur om die woonbuurte opgerig, maar panele word uitgeslaan sodat hulle weer oor die hoofweg kan hardloop. Selfs die skeidsmuur tussen die uitgaande en inkomende bane skeel hulle min. Elke dag n ongeluk. Dan praat ons nie eens van die bokke en beeste op die snelweg nie…

ontevrede leser ·

wat nou gemaak: net na grasmere tolhek, op die n1, word jy gewaarsku dat vir die volgende 21 kilometer moontlik voetgangers kan wees – belaglik sou ek se. hulle wil seker he ek moet stop, die voetganger laat oorloop en dan weer begin ry

Sarel swartbrand ·

Weereens polisie doen nie hulle werk nie wat soek n voetganger op n snelweg

Alida ·

Die hoofweg is nie vir voetgangers nie! Wat verstaan mense nie?

Piet Pompies ·

Die gebruik van die deurpaaie kan vergelyk word met ‘n selfoon kontrak. Dit word vertel dat die deurpaaie uitstekend is om te gebruik maar die terme en voorwaardes is…. jy betaal togeld…..daar kan voetgangers wees……swaar voertuie beman die regterbaan……
Ja, dit is bruikbaar, hoe bruikbaar……..

Muffin ·

Hennie jy het dit mooi uiteen gesit. Sekere mense kan nie afstand met spoed bepaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.