Man sterf toe motor in rivier beland

Foto: Verskaf.

Een man is dood en ʼn tweede beseer toe ʼn motor Donderdagoggend in ʼn rivier beland het van Rooihuiskraalweg af in Kosmosdal in Centurion, Pretoria.

Russel Meiring, ER24‑woordvoerder, het gesê hul paramedici asook soek-en‑reddingspanne het die motor op sy dak in die rivier aangetref.

“Paramedici het die liggaam van ʼn man binne die omgekeerde motor aangetref. Reddingspanne het hom versigtig uit die motor gebring en na die wagtende paramedici vervoer,” het Meiring gesê.

Ná ondersoek is dit vasgestel dat die man reeds aan sy beserings beswyk het.

“Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het bygevoeg dat ʼn passasier in die voertuig op die toneel behandel is en deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre Marais ·

Lyk vir My meer na ‘n LAV “Bakkie” as na ‘n Motor ! ! !

Lientjie ·

Versigtig uit die motor gehaal. Is mens nie veronderstel om beseerdes versigtig uit ‘n voertuig te haal nie.

GM ·

Ek sou eerder oorhaastig uit die motor verwyder wou word in ‘n soortgelyke situasie. Versigtig se alie. Ek raak sommer nou angstig net om daaraan te dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.